BlogsOpinion

In die kollig

• Jy is verkies tot hoofdogter van jou skool vir 2018. Het jy dit verwag of is dit is waarvoor jy hard gewerk het? Ek het nog altyd baie hard gewerk en my beste gegee om ’n leier te kan word. Ek het nie verwag om hoofdogter te word nie maar dit is vir my …

• Jy is verkies tot hoofdogter van jou skool vir 2018. Het jy dit verwag of is dit is waarvoor jy hard gewerk het?

Ek het nog altyd baie hard gewerk en my beste gegee om ’n leier te kan word. Ek het nie verwag om hoofdogter te word nie maar dit is vir my ’n baie groot eer en voorreg.

• Waarna sien jy die meeste uit wanneer 2018 aanbreek?

Dit sal beslis die leierskamp wees. Ek sien ook baie uit na die revue. Dan is daar al die nuwe uitdagings as hoofdogter en om saam al die leiers van 2018 te werk.

• Dink jy dit is belangrik dat skole leiers aanstel?

Ja, want hulle is daar om die skool te verteenwoordig en om dissipline na die leerders te bring, maar die belangrikste is om ’n voorbeeld vir ander te stel.

• Watter vak is vir jou die lekkerste en hoekom?

Baie beslis kuns. Ek hou daarvan om kreatief te wees en my kunsjuffrou is die beste!

• Beoefen jy sport by die skool?

Nee, ek is meer betrokke by akademie, koor en spreekkoor.

• Hoe hanteer jy uitdagings en teleurstellings?

Uitdagings maak my positief en ek pak enige uitdaging aan. Teleurstellings staar ons almal een of ander tyd in die gesig. As ek dit reg hanteer maak dit my net sterker en werk ek net harder.

• Wat is jou stokperdjies?

Ek is baie lief vir lees, teken en om saam my pa golf te speel.

• Dink jy die jeug van vandag spandeer te veel tyd op hul selfone?

Ja, ek is self partykeer skuldig daaraan. Direkte kommunikasie is maar die beste.

• Wat gaan jy gedurende die Desember vakansie doen?

Ek gaan meestal net rustig by die huis wees en saam familie kuier. Ons beplan wel om ’n paar dae te gaan kamp.

• Wat wil jy graag vir Kersfees hê?

Ek wil baie graag ’n teleskoop hê. Dis iets wat ek nog altyd wou gehad het.

• Wat laat jou lekker lag?

’n Goeie grappie en ’n Jim Carrey fliek.

• Wat maak jou bang?

Om te weet daar is mense wat kinders ontvoer en mishandel. Maar ook doodgewone dinge soos spinnekoppe!

 

Lees ook: Hoërskool Die Anker hou prysuitdeling

Vier spelers van die Anker word beloon

Do your homework before school starts

 

Volg ons: 

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button