Opinion

Volgehoue skoonmaakwerk moet in plek gebring word.

Anoniem skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 1 Desember (Plan met onkruid word gemaak).

Ek hoop van harte dat die Ekurhuleni Metro daad by die woord gaan voeg en ’n daadwerklike poging gaan aanwend om onkruid langs die dorp se paaie en op sypaadjies te verwyder.

Dit is baie treurig dat die agteruitgang van die dorp so vinnig plaasvind.

Die brug, wat vanaf Goodsweg na Brenhust lei, is so oorgroei dat ’n mens nie eens meer die sypaadjie kan sien nie. Die onkruid groei welig, sowat ’n meter hoog.

In Prince Georgelaan, wat ’n hoofstraat van die dorp is, lyk dit ook nie veel beter nie.

Ek hoop die “plan van aksie” wat beraam word gebeur vinnig en dat volgehoue skoonmaakwerk in plek gebring sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button