BlogsEditor's choiceOpinion

Troeteldiere buite hulself weens vuurwerke

Inwoner, Brenthurst skryf per e-pos:

Dit gaan my verstand te bowe dat ek nog in ‘n samelewing woon waar mense dink dat dit heeltemal aanvaarbaar is om vuurwerke af te vuur.

Die argument, weet ek, is al holrug gery maar daar is diegene wat bloot nie ‘n bloue duit omgee nie.

Sedert Ou Kersaand en veral op Ou Jaar- en Nuwe Jaarsdag is vuurwerke na willekeur in ons buurt afgevuur.

Ek en my gesin is gedwing om tuis te bly en saans na ons twee honde om te sien.

Die worshond en poedel was buite hulself en nie eens medikasie, wat ‘n vriend vir ons gegee het, kon ons diere kalmeer nie.

Wat my verstand verder te bowe gaan is die feit dat onverantwoordelike volwassenes dit goedkeur dat jong kinders vuurwerke hanteer.

Ek en my vrou het op Ou Kersaand gery om te gaan kyk waar die vreeslike lawaai vandaan kom en daar was ‘n groep mense in ‘n oop veld voor ‘n huis.

Drie jong seuns (hul was nie ouer as 12 jaar nie) het die vuurwerke aangesteek terwyl die volwassenes almal met ‘n bottel of glas in die hand gestaan het.

Ek hoop maar net die malligheid is vir nou op ‘n einde.

Ek besef ongelukkig ook dat daar altyd die handjie vol siele sal wees wat geen benul het watter impak vuurwerke op troeteldiere het nie.

 

Lees ook: Safeguard your pet from fireworks

Ten good and bad treats for your paw pal

Most commonly repeated New Year’s resolutions

Follow us:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button