Michael Muller - Ja ek gaan dit beslis kyk terwyl ek sommer lekker snoesig voor die televisie gaan sit en ’n koppie tee drink.
Gaan jy môre (Saterdag) na die uitsending van prins Harry en Meghan Markle se koninklike troue kyk?
Jaco Swardt – Wie trou? Nee dankie, ek het baie beter dinge om met my tyd te doen. Ek is nie regtig ’n aanhanger nie.Magda Minnaar – Ja, ek volg die koninklike troues al van Prinses Diana se troue af. Sal beslis nie hierdie een mis nie.Andriëtte Blignaut – Ek gaan die troue definitief kyk, dit is ’n baie spesiale geleentheid en ook baie romanties.Marlene Lerm – Nee, ek het ongelukkig nie tyd vir koninklike troues nie, ek moet boeke merk en lesbeplanning doen.