Editor's noteEntertainmentLifestyle
Geniet Robbie se grootste treffers
Robbie is ’n kunstenaar eie in sy soort. As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker kan hy jou laat huil van die lag, maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe.
Aanhangers van Robbie Wessels kan hom vanaand (18 Mei) in die Mardi Gras Teater van Carnival City te sien kry.
’n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare ’n groot gunsteling onder Afrikaanse aanhangers gemaak het.
Die deure open om 7nm.
Lees ook: Radio Raps kom maak ‘n ‘genuine’ draai
Volg ons:



