Nicolette van Vuuren - Dit is belaglik hoog. Veral vir huis- en tuinwerkers. Hul vervoer gaan ook op soos die brandstof se prys opgaan en almal moet maar net betaal.
Selina Magobo – My vervoeronkostes gaan nou baie meer in ’n maand wees, so dit beteken minder geld vir kos en meer geld vir vervoer, terwyl die kosprys ook styg.Gavin Fourie – Al wat ek kan sê is dat my kar van nou af meer gaan staan as wat hy op die pad gaan wees. Een van die dae gaan petrol onbekostigbaar wees.Ariel Schoonwinkel – Die brandstofprys raak vreeslik duur en dit raak ons almal se sakke, want die kosprys styg ook, nie net die brandstofprys nie.Niko van Niekerk – Dis belaglik! Ons gaan een van die dae nie meer sommer net kan ry nie, dit gaan te duur wees. Ek moet seker nou meer vir brandstof begroot.