Dihandré van Niekerk – My ma maak altyd vir ons kos in die kombuis, maar sy is ook baie besig op haar rekenaar en haar iPad.
Die kleintjies van Rafiki Kleuterskool het vertel wat hul ma’s doen wanneer hulle by die huis is.
Jeanique Koekemoer – My mamma laaik dit om TV te kyk en sy soek altyd iets om te doen. Sy laaik dit ook om haar naels te doen.Devon Janse van Vuuren – My ma speel partykeer speletjies, maar sy maak vir ons kos en sy gee vir ons sweeties en ysies.Kaileigh Scrooby – My ma tik baie, want dit is haar werk en sy maak vir my lekker kos. Sy kyk altyd na my, al is ek soet of stout.Daniël du Plessis – My ma speel speletjies op haar grys laptop, maar partykeer is daar nie klank nie. Sy maak vir my lekker macaroni.