Mnr en mej Stoffie 2018/19, Zander Nel en Jolindi Zietsman, het onlangs, as deel van hul liefdadigheidsuitreiking, arms vol sagte speelgoed vir ’n goeie doel ingesamel.
Nadat Zander en Jolindi leerders bewus gemaak het dat hulle nou in die “groot skool” is, het talle Stoffies besluit om hulle laerskool sagte speelgoed aan Felicitas Skool te skenk.
Lees: In die kollig: Leer vir Jolindi Zietsman ken
Felicitas, ’n skool vir intellektuele- en fisiesgestremde leerders, het Saterdag ’n kermis gehou en die speelgoed het gedien as pryse wat by die speletjie stalletjies uitgedeel is.
Felicitas Skool het die leerders van Hoërskool Stoffberg vir hulle positiewe gesindheid en mooi bydrae bedank.
Volg ons:
Vir meer plaaslike nuus besoek Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



