Angelique van den Berg - Ja, mens moet ophou dink jou stem kan nie ’n verskil maak nie, elke stem tel.
Die Nasionale Verkiesing het Woensdag (8 Mei) plaasgevind.
Heidi Jentsch – Ek glo elke persoon se stem kan ’n verskil maak, jy moet net die regte keuse maak.Fransien Dempsey – Ek hoop regtig my stem sal ’n verskil maak, ons land het ’n groot verandering nodig.Chené Muller – Jou stem kan ’n verskil maak as jy slim kies, ons almal moet nou begin slim kies vir Suid-Afrika.Simoné van Niekerk – Elke stem maak beslis ’n verskil, elkeen moet net hul kant bring en tog gaan stem.