School sportSport

Stoffberg se rugby is weer tops

Die eerste span het die suksesvolle dag op ’n hoogtepunt afgesluit deur hulle wedstryd teen Carel de Wet maklik met 62-20 te wen.

Die Hoërskool Stoffberg se rugbyspanne het onlangs weer geskiedenis gemaak toe al die spanne deurgedring het na die Valke semi-finaal vir medium skole.

Die dag het op ‘n hoogtepunt afgeskop met die o-14 span wat hulle opponente, die Hoërskool Carel de Wet, lag-lag met 42-0 kafgedraf het.

Die tweede span het hulle wedstryd teen Overvaal met 26-10 gewen, terwyl die o-15’s met 15-5 en die o-16’s met 26-17 teen Carel de Wet koning gekraai het.

Die eerste span het die suksesvolle dag op ’n hoogtepunt afgesluit deur hulle wedstryd teen Carel de Wet maklik met 62-20 te wen.

Die semi-finaal vind Saterdag in Vanderbijlpark plaas.

Lees ook:

Stoffberg se rugby is weer tops

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

 
Back to top button