
R vd H skryf per e-pos:
Ja, ek het foute gemaak.
Dis nie altyd maklik om eienaarskap van jou foute te neem nie.
Dis menslik en ook makliker om die skuld mooitjies te verpak en voor iemand anders se deur te lê.
Wanneer jy dan fokus op iets buite jouself of iemand anders, onduik jy die ongemaklike emosies wat saam met jou foute en mislukkings gaan.
As jy eienaarskap neem van jou foute en mislukkings, beteken dit juis dat jy daaruit leer en die meeste waarde daaruit kry, wanneer jy die lig laat skyn op jou aandeel daarin en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.
As jou foute ook ander mense beïnvloed het, soos myne, gaan ‘n stappie verder en vra vergifnis vir jou aandeel in hul verlies.
Dis soveel makliker om te dink wanneer jy erken jy was verkeerd en vergifnis vra, dat dit beteken dat jy swak is.
Dit is moeilik om jouself so bloot te stel, maar daar is waardigheid en genesing in ‘n eenvoudige, opregte verskoning.
Vandag vra ek vergifnis en omverskoning vir al my foute, dinge wat ek gedoen het, dinge wat ek gesê het, mense wat ek teleurgestel en seergemaak het.
Ek is jammer.
Dis tyd om aan te beweeg!
Net so belangrik soos wat dit is om jou foute te aanvaar en daaruit te leer, net so belangrik is dit om aan te beweeg.
Mislukking het nie die laaste sê nie. Daar is altyd ‘n tweede kans.
Ons moet onsself net weer bewys. Moenie toelaat dat jou foute en mislukkings jou onderkry nie.
Ons hoop is in Christus. Hy maak ons los van die verlede. Hou jou oog op God se toekomsplan vir jou eerder as om aan die verlede vas te klou.
Mik vir daardie volgende doel, seker in die wete dat geen aardse foute of mislukkings God se goeie plan vir jou lewe in die wiele kan ry nie.
Lees ook:
Parkinson’s sufferer’s message of hope
Brief van ‘n vet vrou aan ‘n maer vrou
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)



