School sportSport

Stoffies se sewes wys hul slag

Die Hoërskool Stoffberg se sewes rugbyspanne het onlangs vir twee agtereenvolgende naweke aan die Valke se sewes rugbytoernooie deelgeneem en uitstekend gevaar.

Tydens die eerste toernooi (wat op 9 September plaasgevind het), het die o-15 span van Stoffies hul poelwedstryde gewen en in die semi-finaal van die “bowl” teen Brandwag te staan gekom en met 21 – 0 gewen.

Die span het egter in die finaal teen die Hoërskool Driehoek vasgeval.

Die o-17 span het in die eerste toernooi derde in hul poel geëindig en in die semi-finaal gelykop gespeel.

Hierna het Benoni High ongelukkig eerste punte aangeteken en is deur na die finaal.

Tydens die toernooi, wat op 16 September gespeel is, het die o-15 span weer al drie hul poelwedstryde gewen en in die semi-finaal teen Heidelberg Volkskool te staan gekom.

Dié wedstryd het met ‘n strawwe tempo begin, maar Stoffberg het die oorhand gekry en met 17 – 12 gewen.

In die finaal was die span nie so gelukkig nie en moes weer die knie teen Hoërskool Driehoek buig. Die o-17 span het ‘n baie beter toernooi beleef en tweede in hul poel, met ‘n naelskraapse verloor teen Belvedere, gekom.

Die span het na die semi-finaal van die plaat deurgedring en wen die Hoërskool Voortrekker om in die finaal teen Benoni High te speel.

Die Stoffbergers wen die finaal van die plaat met 26 – 7.

“Die toernooie het ‘n nuwe dimensie van rugby by Stoffberg wakker gemaak en ons het van die 18de plek na die 12de plek op die ranglys opgeskuif,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Stoffberg se o-14 en o-15 rugbyspanne speel vanaf 13 tot 15 Oktober in die jaarlikse JARU rugbytoernooi buite Brits.

Related Articles

 
Back to top button