Ondersteun Brakpan rugbyspanne se wedstryde vir finaalplekke
Rugbyondersteuners kan uitsien na 'n dag vol aksie wanneer Brakpan se twee topspanne in die Peregrine Liga-halfeindstryde vir finaalplekke meeding.

Brakpan Rugbyklub se o21- en eerstespan is net een oorwinning weg van die Peregrine Liga-finaal wanneer hulle vandag (Saterdag) op Bosman Stadion in belangrike halfeindstryde in aksie is.
Die dag skop om 14:30 af wanneer Brakpan se o21-span teen Springs uitdraf in ‘n alles-of-niks-wedstryd om ‘n plek in die eindstryd.
Die eerstespan volg om 16:00 wanneer Brakpan teen Nigel te staan kom, met albei spanne vasbeslote om hul plek in die finaal te bespreek.
“Ons nooi alle belangstellendes en ondersteuners uit om ons spanne te kom ondersteun en die halfeindstryd atmosfeer op Bosman Stadion te beleef,” het die klub se voorsitter, Frikkie Bosman gesê.
Toegang beloop R20 per persoon en R30 per voertuig. Geen koelhouers sal op die terrein toegelaat word nie.



