Editor's noteEntertainmentLifestyle
Pannefees is om die draai
Oor drie weke is die Pannefees hier en jy kan reeds jou kaartjies daarvoor aanskaf.

Die fees, wat op 9 en 10 Oktober op die sportgronde van Laerskool Die Anker aangebied word, beloof om vorige Pannefeeste te oortref.
Feesgangers kan uitsien na top vermaak deur bekende sangers, verskeie uitstallers en stalletjies, en ’n groot verskeidenheid eetgoed.
Die tyd raak ook min vir hoopvolles om in te skryf vir die Mej Carnival Toyota kompetisie, wat ook tydens die Pannefees aangebied word.
Kaartjies vir die Pannefees is te koop by die Hoërskool Stoffberg (011 740 0210) of by die NG Kerk, Moedergemeente (082 448 4299).
Lees ook:
Pannefees to entertain young and old
Steve Hofmeyr kom Pannefees toe



