CompetitionsLifestyle

Groei jou snor en wen R1 000 en ‘n mikrogolf

Die Herald doen ’n beroep aan alle plaaslike Mo Bros om hulle snorre aan ons te wys.

Read the English version here

Snorseisoen is hier en Mo Bros sal opgewonde wees om te hoor hulle snor kan pryse in die sak bring.

Movember-maand is verantwoordelik vir die groei van snorre regoor die wêreld wat dan sodoende ’n bewustheidsveldtog is vir siektes wat mans kan bedreig.

Mans wat Movember ondersteun en hulle gesigte skoon skeer aan die begin van November om 30 dae hulle snor te groei en te versorg word na verwys as Mo Bros.

Die Herald doen ’n beroep aan alle plaaslike Mo Bros om hulle snorre aan ons te wys.

Die beste snor sal ’n mikrogolf en ’n geskenkbewys ter waarde van R1 000, wat geskenk word deur Sherwood Gardens Pick n Pay, wen.

Volg hierdie eenvoudige stappe om in te skryf:

• Neem ’n selfie aan die begin van die maand van jou skoon geskeerde gesig saam met die Herald se uitgawe van 28 Oktober.

• E-pos hierdie foto na stacys@caxton.co.za teen nie later as Maandag (7 November) nie.

• Laat jou snor gaan en versorg dit regdeur November.

• Neem ’n selfie op 30 November van jou gegroeide snor saam met die Herald se uitgawe van 25 November.

• E-pos hierdie foto na stacys@caxton.co.za teen nie later as 5 Desember nie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button