CompetitionsLifestyle

Stuur vir ons jou Vadersdag foto

Vadersdag word vanjaar op 17 Junie gevier en, met die oog hierop, is die Herald opsoek na mooi pa en kind foto’s.

Die foto wat vir ons die meeste uitstaan sal in die uitgawe van 15 Junie gepubliseer word.

Onthou ons is op soek na ’n foto wat die spesiale band tussen ’n pa en sy kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ’n prettige foto wees, of iets meer ernstig.

Onthou ook die volgende:

• Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en slegs inwoners van die dorp se foto’s sal in ag geneem word.

• Foto’s moet in Jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees.

• Die name, vanne en ouderdomme van almal op die foto moet verskaf word.

• Gee ’n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.

• Die persoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.

• Foto’s kan per e-pos na brakpanherald@caxton.co.za gestuur word.

• Foto’s kan ook by ons kantoor te Van der Waltweg 61, Dalview, ingehandig word.

• Ons sal foto’s tot 11 Junie om 9vm aanvaar.

Lees ook: So lyk die wenner van ons Moedersdag fotokompetisie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button