Dienslewering bestaan nie meer

Anel van Eeden, Dalview skryf: Ek verwys na die brief in die Herald van 27 Julie (Swak diens en vuil plek loop hand aan hand). Ek was ook onlangs by die lisensiekantoor om my voertuig se lisensie te hernu en my ondervinding was dieselfde as die skrywer van die brief. Die plek sien baie sleg …

Anel van Eeden, Dalview skryf:

Ek verwys na die brief in die Herald van 27 Julie (Swak diens en vuil plek loop hand aan hand).

Ek was ook onlangs by die lisensiekantoor om my voertuig se lisensie te hernu en my ondervinding was dieselfde as die skrywer van die brief.

Die plek sien baie sleg daarna uit en die algemene houding van almal wat daar werk laat veel te wense oor.

Ongelukkig is dit nie die enigste plek waar die standaard van dienslewering en algemene netheid skokkend is.

My suster moes haar bestuurderslisensie onlangs hernu en ek het haar vergesel aangesien sy van ’n operasie herstel.

Ons versoek dat sy vinniger gehelp word omdat sy van ’n groot operasie herstel het op dowe ore geval. Sy moes in groot ongemak en pyn vir ’n baie lang tyd wag om geholpe te raak.

Van die toestand van die dorp se sypaadjies praat ek nie eers nie.

Ons kan eintlik nie kla oor dienslewering nie want daar is geen dienslewering nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button