EntertainmentLifestyle

Die wiele rol in by opedag

Die publiek wat dus vir Johan en die rooi driewiel opmerk is welkom om gebruikte speelgoed, wat nog in ‘n goeie toestand is, of nuwe speelgoed te skenk.

Lieflike weersomstandighede het Sondag gesorg vir ‘n perfekte opedag van die Just Wheels Motorklub.

Besoekers is nie teleurgesteld gelaat nie en kon na hartelus tussen ‘n baie indrukwekkende versameling voertuie beweeg en dit van nader besigtig.

Ook te sien by die opedag was ‘n bloedrooi driewiel, wat gebou is met skenkings en donasies van lede van die klub.


ALSO READ: Find a bargain at charity shop


Die driewiel is Santa’s Workshop se amptelike voertuig en die aangewese bestuurder is Johan Els.

Die Santa’s Workshop-projek beywer hom daarvoor om speelgoed in te samel, wat gedurende Just Wheels se Kersboom aan minder bevoorregte kinders uitgedeel word.

Die publiek wat dus vir Johan en die rooi driewiel opmerk is welkom om gebruikte speelgoed, wat nog in ‘n goeie toestand is, of nuwe speelgoed te skenk.

Die volgende opedag word op 24 Oktober hou.


Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button