Local newsSchools

Laerskool Dalview kry distriks-erkenning vir akademie en sport

Laerskool Dalview vier ’n besondere prestasie nadat die skool twee Certificate of Excellence-toekennings van die Gauteng-Oos Onderwysdistrik ontvang het vir uitnemendheid in tegnologie en atletiek.

Die Laerskool Dalview is besonder trots om twee gesogte Certificate of Excellence-toekennings van die Gauteng-Oos Onderwysdistrik te kon ontvang. Die distrik het ’n akademiese toekenning gemaak vir die vakgebied tegnologie, met erkenning vir ’n 100% slaagsyfer in die 2025 akademiese jaar.

Dié sertifikaat, onderteken deur die distriksdirekteur, Somikazi Chabalala, gee erkenning aan uitsonderlike prestasie en toewyding. Chris Schroeder, wat die vak aanbied, het die sertifikaat tydens die oorhandiging ontvang.

Die Laerskool Dalview het ook erkenning ontvang vir uitnemendheid op sportgebied.

Die distrik het die skool aangewys as atletiek laerskool van die jaar. Hierdie Certificate of Excellence bevestig dat hul leerders nie net in die klaskamer nie, maar ook op die baan uitblink.


LEES OOK: Long-neglected Brakpan Cemetery receives much-needed maintenance


Die toekenning is oorhandig aan El-Mari Hurter, die atletiekorganiseerder vir 2025, wie se toewyding en organisatoriese vermoë ’n bepalende rol gespeel het in hierdie sukses.

“Hierdie twee toekennings beklemtoon iets wat vir die skool van kardinale belang is, naamlik balans.

“Akademie en sport staan nie los van mekaar nie, maar dit vorm deel van ’n geïntegreerde visie waar elke leerder die geleentheid kry om holisties te ontwikkel,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

“Ons sien ook met groot afwagting uit ons 2026-revue, Krone wat in September op die planke gebring sal word. Dit is nóg ’n bewys dat kultuur by Dalview ’n trotse en dinamiese komponent van hul identiteit is,” het die woordvoeder gesê.


LEES OOK: Gunfire at Brenthurst Cemetery sparks strong warning from Brakpan SAPS


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button