Local newsNews
San Michele inwoners bederf met kolwyntjies, musiek
Die inwoners het heerlik saamgesing en geleer van Afrikaanse musiekgeskiedenis.
Solidariteit Helpende Hand se streeksorganiseerder, Mariolette Vorster, het saam met die maatskaplike werker Nadine Landman en begeleier Mimi Strydom op Donderdag 14 Mei ’n besoek aan San Michele Tehuis vir gestremde volwassenes gebring.
Die groep het kolwyntjies vir die inwoners geneem en hulle verder bederf deur verskeie FAK-liedjies saam met hulle te sing en aan te leer, iets wat groot vreugde onder die inwoners gebring het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



