Local newsNews

Brakpan VLU leer nuwe stik-en-knip naaldwerktegniek aan

Die tegniek behels lae lap op mekaar vasstik in patrone, en dan knip mens die lap in lae net langs die gestikte lyne om die onderste lae bloot te stel.

Brakpan Vroue Lanbou-unie (VLU) se lede het Dinsdag ’n nuwe naaldwerktegniek aangeleer wat vir verskeie items soos potstaanders, sakke, baadjies, broeke en meer gebruik kan word.

Die tegniek, bekend as stik-en-knip, behels dat patrone op verskeie lae materiaal gestik word, waarna sekere lae teruggesny word om die ontwerp te laat uitstaan.

Die demonstrasie is deur Ronel du Plessis, streeksvoorsitter van die VLU, aangebied.

“Jou stikwerk moet netjies wees met klein stekies, sodat die materiaal nie uitrafel wanneer jy dit knip nie.”

Sy het bygevoeg dat koekiedrukkers goed werk om patrone af te trek, en dat daar verskeie metodes is om ontwerpe op materiaal aan te bring.


Ronel du Plessis het die vroue geleer oor stik-en-knip naaldwerk. FOTO: Charma du Plessis

Volgens haar moet die ontwerp die item oorheers, aangesien ’n groot agtergrond wat nie geknip word nie, die finale produk slordig kan laat lyk.

“Beplanning is dus baie belangrik,” het sy gesê.

Du Plessis het ook beklemtoon dat 100% katoen ideaal is, aangesien dit nie rek of skeef trek nie.

Sy het aanbeveel dat materiaal eers gewas, gehang en plat gestryk word om krimping ná vervaardiging te voorkom.


LEES OOK: Tutela Family Care Brakpan hosts ‘Sleep in a Box’ event to raise homelessness awareness


Verder het sy voorgestel dat ’n rygsteek (basting stitch) van hoek tot hoek gebruik word om die lae te stabiliseer en te keer dat dit skuif tydens die stikproses.

Om te voorkom dat die patroon te fyn raak om uit te knip, het sy aanbeveel dat groot ontwerpe met oop ruimtes gebruik word.

Die vroue het elk ’n lap en klein skêrtjie ontvang om die tegniek self te oefen, waarna hulle saam sop en vetkoek geniet het.

Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, kan die voorsitter, Delores van Rooyen by 083 785 6104 gekontak word.


Die knipwerk kan fyn en netjies wees, soos met die hoed, of dik en uitgekam om riffels te maak. FOTO: Charma du Plessis
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button