Local news

Brakpan boksers, afrigters verteenwoordig Ekurhuleni

Die klub beskou dit as 'n groot eer dat afrigters, spanbestuurder en boksers vir die Ekurhuleni-span vanuit Brakpan kom.

Brakpan Boksklub spog met drie afrigters, ’n spanbestuurder en vier boksers wat die klub in die Ekurhuleni-span gaan verteenwoordig by die GABO Cadets en Juniors Provinsiale Kampioenskappe.

Die kampioenskappe vind gedurende Julie by Transnet Engineering in Pretoria plaas.

Die afrigters wat vanuit Brakpan by die Ekurhuleni-span betrokke is, is Steven Labuschagne, Wimpie Labuschagne en Charne Labuschagne. Die spanbestuurder, ook van Brakpan, is Jaco Visagie.

Die boksers wat Brakpan se naam hoog hou, is Braam Labuschagne, Dejandre Labuschagne, Talitha Roos en JP Visagie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button