Alyandi Neveling:Die 'nuwe normaal' was baie vreemd en onseker. Dit was iets om aan gewoond te raak, maar my skool het dit vir my maklik gemaak om al my vrese te oorkom.
Hoe was jou eerste week terug by die skool, na die lang onderbreking?
Zelandrie de Villiers: Ek is vreeslik dankbaar om te kon terugkeer skool toe en dit is maar ‘n groot aanpassing met die ‘nuwe normaal’, maar ek is opgewonde vir die jaar wat voorlê.Clarissa Botha:Baie geseënd om weer terug te wees. Daar is harde werk wat voorlê, maar met hulp van Bo en mekaar se ondersteuning kan ons ‘n sukses maak van die jaar.Kayla Borman:Dit is vir my verskriklik lekker om terug te wees. Om al my mense weer te sien en te weet dat ons almal saam in dié is en dat ons mekaar kan ondersteun.Jason Hoffman:Dit was ‘n stryd maar as ek nou terugkyk was dit nie so erg nie. Die ondersteuning van die skool, onderwysers en my mede-leerders was iets besonders.