NewsNews

7 Julie: Nóg drie pasiënte in die Wesrand sterf aan Covid-19

Die Gautengse departement van gesondheid het vroeër vanmiddag net die nuutste syfers vrygestel.

Volgens dié syfers is daar nou 39 pasiënte in die Wesrand wat aan die siekte dood is. Dit is drie meer as die 36 van gister.

Intussen is daar nou altesaam 993 inwoners van die Merafong City munisipale gebied wat positief vir die siekte getoets het. Altesaam 414 mense het reeds herstel.

Elders in die Wesrand is getalle ook besig om vinnig te styg.

Die getalle in Mogale City het oornag met bykans 400 na 2 274 geklim, terwyl net 344 mense in dié gebied reeds herstel het.

Rand West City het 926 gevalle, waarvan 213 al herstel het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button