Local newsNews

Gee ‘n tuiste: Carletonville DBV het pragtige diere wat wag om aangeneem te word

Daar is ook verlore diere wat wag om met hul eienaars herenig te word.

Die Carletonville Dierebeskermingsvereniging (DBV) het tans talle pragtige honde en katte – van babadiertjies tot volwassenes – wat dringend op liefdevolle nuwe huise wag.

Daar is diere van alle groottes en persoonlikhede wat by verskillende gesinne kan pas. Benewens aannemings, herinner die DBV ook alle troeteldier-eienaars dat hulle die organisasie moet kontak indien hul troeteldier sou wegraak. Baie verlore diere word gereeld na hul perseel gebring.

Die DBV se kantore en aanneemhokke is geleë in Beersterstraat, Oberholzer (op pad na die koöperasie), en is oop van Maandag tot Vrydag vanaf 09:00 tot 16:00, en op Saterdae van 08:00 tot 11:00.

Vir navrae of om ’n verlore dier aan te meld, kontak die Carletonville DBV by 018 788 6262 of hul noodnommer by 064 752 6035.

Gee vandag ‘n dier ’n tweede kans – dit kan jou nuwe beste vriend wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button