Hoërskool Carletonville (Callies) se eerste rugbyspan het Saterdag geskiedenis gemaak toe hulle die Noordvaal Groep 4-kampioenskapsfinaal in ’n naelbyt-stryd gewen het.
Die span het om 12:15 voor ’n pawiljoen vol trotse ondersteuners uitgedraf. Hoewel hul teenstanders, Hoërskool Jan Viljoen van Randfontein, die eerste punte aangeteken het en teen rustyd nog voor was, het Callies in die tweede helfte hul ware karakter en uithouvermoë gewys.
Met vasbyt-rugby en sterk spanwerk het hulle daarin geslaag om die telling te draai en uiteindelik ’n welverdiende oorwinning van 22–20 te behaal.
Die oorwinning beklemtoon Callies se uitstekende seisoen en bevestig hul status as een van die streek se top skole.
Veels geluk, Callies – die hele dorp is trots op julle!

Die toeskouers het op die baan gestroom net na die eindfluitjie geblaas het:
https://vt.tiktok.com/ZSAB44fE2/



