
Volgens statitieke van die Gauteng Departement van Gesondheid is daar nou 935 mense in ons munisipale gebied wat positief vir die virus getoets het. Van hulle het 414 reeds herstel.
Mogale City (die Krugersdorp-gebied) het nou 2 059 gevalle, waarvan net 344 al herstel het, terwyl Rand West City (die Randfontein- en Westonaria-gebied) 862 gevalle het, waarvan 213 al herstel het.
Altesaam 36 inwoners van die Wesrand is reeds aan Covid-19 dood.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



