
Volgens dié syfers is daar nou 39 pasiënte in die Wesrand wat aan die siekte dood is. Dit is drie meer as die 36 van gister.
Intussen is daar nou altesaam 993 inwoners van die Merafong City munisipale gebied wat positief vir die siekte getoets het. Altesaam 414 mense het reeds herstel.
Elders in die Wesrand is getalle ook besig om vinnig te styg.
Die getalle in Mogale City het oornag met bykans 400 na 2 274 geklim, terwyl net 344 mense in dié gebied reeds herstel het.
Rand West City het 926 gevalle, waarvan 213 al herstel het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



