Local newsNews

Verhoordatum vas vir man van Welverdiend wat na bewering sy baba verkrag en vermoor het

Hy het ons gemeenskap geskok.

Die beskuldigde gaan volgende maand in die Rondgaande Hooggeregshof in Benoni op aanklagte van moord en verkragting verskyn. Die datums van 15 tot 26 April is vir sy verhoor opsy gesit.

Die man van Welverdiend is op 9 Junie verlede jaar gearresteer na sy dogtertjie, wat net agt dae oud was, die vorige aand in Carletonville hospital aan haar beserings dood is.

Die man het na bewering die vorige dag sy dogtertjie van haar ma uit die agterkamer wat hulle by een van die ou Spooweghuise gehuur het, geneem. Die baba het toe al haar kleertjies aangehad.

Toe hy later die dogtertjie na haar ma terugneem, was die kind sonder klere en ernstig beseer.

Die ma het toe die baba na ‘n vrou in die hoofhuis waar hulle die kamer huur, geneem. Dié vrou het toe die ambulans en polisie gebel.

Die baba is per ambulans na Carletonville Hospitaal geneem, waar sy die volgende oggend dood is.

Baie inwoners het na die voorval hul skok en ongeloof uitgespreek oor dít wat gebeur het.

Die pa is nog sedert sy arrestasie in aanhouding.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button