90 wonderlike jare vir Louisa
Louisa Johanna Catrina Franzen het op 27 Augustus haar 90ste verjaarsdag gevier.
Haar familie het fees gevier saam met haar by die New Redruth Dros en haar met ’n lekker ete bederf. Personeellede en kliente van Dros het selfs vir haar gesing.
Agtergrond
Louisa is op 27 Augustus in 1931 in Swaziland gebore waar sy ook meeste van haar kinderdae spandeer het.
Sy woon nou al vir 32 jaar in Alberton. Sy is ’n trotse ma van sewe kinders, ouma van 30 kleinkinders en oumagroot van 21 agterkleinkinders
Sy het ook ses agter-agterkleinkinders en vier agter-agter-agterkleinkinders.

Merkwaardige vrou
Die familie beskryf Louisa as ’n dierbare, liefdevolle, behulpsame en positiewe mens.
“Ons is nog so bevoorreg om haar in ons lewens te hê en ons is dankbaar dat sy al vir so lank vir ons gespaar is. Sy is vir baie van ons ’n rolmodel en ons het haar bitterlik lief,” het kleindogter Mariska gesê.




