Local newsNews

VLU vroue se Februarie vergadering

Vroue word uitgenooi na die Brackenhurst VLU-tak se maandelikse vergadering.

Drie lede het tydens die Brackenhurst VLU se maandelikse vergadering lidmaatskap toekennings ontvang.

Vroue wat toekenings ontvang het, was Elsa Cronje (20 jaar), Joey Botha (30 jaar) en Helen Hattingh (30 jaar).

Die gasvrou van die dag was Mara Scholtz. Sy en haar span het van die geleentheid gebruik gemaak en verkiesings as hul onderwerp vir internasionaal gebruik.

Wêreldwye metodes van stemmery of verkiesings was met die lede gedeel en die interessantste metodes was die van Gambia wat hulle stemme uitbring met albasters in twee verskillende kleure, naamlik glashelder en gerookte glas kleur.

“Die totale albasters word na die stemmery op vierkantige hout borde met holtes groot genoeg vir een albaster uitgepak. Die albasters word dan getel volgens kleure en sodoende word die wenner van die verkiesing bepaal,” het skakelbeampte Hannetjie Nolte vertel.

Hierdie metode word al sedert 1947 gebruik, maar daar is planne om dit effe te moderniseer met die gebruik van ’n slimfoon-toep met die gepaste naam “Marble”.

Lede het ook tydens die vergadering ’n laaste eerbetoning aan hulle geliefde lid, Rina Viljoen, wat weens kanker oorlede is, getoon. Daar was ’n kers vir haar aangesteek en ook ’n oomblik van stilte te ere van haar gehou.

Die tak nooi belangstellende vroue om saam te kom kuier of as lid aan te sluit.

Die volgende vergadering vind op 9 Maart by NG Kerk Brackenhurst plaas.

Vir meer besonderhede kontak die tak se skakelbeampte, Hannetjie, by 072 205 0194.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button