Helpende hand tak gestig in Alberton
Die tak beplan ook ‘n paar projekte in die volgende jaar om die gemeenskap van Alberton te help.
Solidariteit Helpende Hand het ‘n stigtingsvergadering op 14 Junie by Hoërskool Alberton gehou.
Mariolette Vorster, streeksorganiseerder van die Oos-Rand, het mense meer vertel oor die organisasie en wat hulle doen.
Vorster het die verskillende take van Solidariteit verduidelik en wat hulle funksie in die samelewing is, byvoorbeeld Afriforum wat opstaan vir die wat nie vir hulle self kan nie.
Tydens die vergadering het Vorster ook aangedui dat Helpende Hand wil uitbrei na die Suide van Johannesburg.
Daar is na afloop van die vergadering ‘n kommitee verkies wat sal dien as die Helpende Hand verteenwoordigers in die dorp.
Die tak beplan ook ‘n paar projekte in die volgende jaar om die gemeenskap van Alberton te help.



