Local newsNewsSport
Manne-aand met Jannie du Plessis
Bespreek nou jou kaartjies vir die manne-aand saam met Jannie du Plessis.
Ondersteun Hoƫrskool Alberton se Manne-aand met Jannie du Plessis op 23 September om 18:00 in die skoolsaal.
Die aand beloof om groot pret te wees met spesiale gassprekers, ‘n veiling, lotjie trekkings en speletjies.
Kaartjies beloop R4 000 per tafel van 10 manne wat ‘n ete en geskenk vir elke gas insluit. Koelbokse is welkom en kos R50 per koelboks.
Kom ondersteun die Allies se fondsinsamelingsaand vir hulle sportspanne.
Vir meer inligting of om ‘n tafel te bespreek kan ‘n e-pos na Wesley Pretorius by wesley@allies.co.za gestuur word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



