President looi Edenvale in ligawedstryd
Hoërskool Presidentwen teen Eddenvale in ‘n Goue Leeus middelskool ligawedstryd
HOËRSKOOL President het korte mette van sy teenstanders in ‘n Goue Leeus middelskool ligawedstryd gemaak toe sy eerstespan met die louere weggestap het.

Foto: Annette van Schalkwyk
Die ligawedstryde het op 27 May by Hoërskool President plaasgevind waar Hoërskool President teen Hoërskool Edenvale kragte gemeet het.

Foto: Annette van Schalkwyk
Die eerstpan het geen problem ondervind om sy eweknie die loef af te steek nie en het reeds met halftyd 24-12 voorgeloop. Die tweede halfde was ‘n herhaling van die eerste waar President geen punte afgestaan het nie en behaal ‘n maklike oorwinning van 41-12.
Die skole se tweedespanne het mekaar goed opgekeil en die eindtelling was ten gunste van President 20-15.

Foto: Annette van Schalkwyk
Die ander uitlsae is:
o-14-A President 5, EHS 34.
o-15-A President 19, EHS 7.
o-14/15-B President 7, EHS 26.
o-16-A President 27, EHS 34.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



