EntertainmentLifestyle

Sorina se Miana

Die bekende Flooze van Witbank het onlangs weer ma geword.

Afrikaanse sangeres en aktrise Sorina Erasmus, beter bekend as die Flooze van Witbank, het op 6 April op haar Facebook-blad die eerste fotos van haar en haar man, Braam, se nuwe baba dogter opgesit. Miana is op 16 Maart gebore.

Hulle eersteling, Braam, is op 14 April 2014 gebore. Maar haar aanhangers ken hom as ”Braambossie”.

Sorina het by die fotos wat sy opgelaai het, die volgende bygesit: “Só lyk ons Poplappie Prinsessie, ons mooiste Miana meisiekind! Jy is ons aardse engeltjie, ons bondeltjie vreugde & ons grootste piepklein persentjie van God. Dankie Shalane-Mare Newborn & Child Photographer dat jy ons vlinderfyn feetjie se eerste fotosessie oomblikke so besonders vasgevang het!”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button