Kyk Kaleidoskoop se nuwe musiekvideo
"Ons hoop om mense wat die video kyk aan te moedig om die mooi wat steeds volop in ons land te vinde is, raak te sien"
Kaleidoskoop het oor drie en ‘n half dae, in die koue Julie-maand, die video vir hul nuutste enkelsnit, Die Goeie, in ‘n klein “dorpie” met die naam Val, geskiet. Die konsep vir die video is deur Jouba, Anique en Paul Hugo (wat ook die video vervaardig het) verfyn. Die boodskap agter die lirieke van die lied is vergifnis, versoening en transformasie van jou hart deur jou gedagtes te vernuwe. “Een manier om jou gedagtes te vernuwe is om jou oë op die goeie dinge te hou en die mooi in alles en almal om ons raak te sien,” sê Anique.
Die goeie video handel oor ‘n gebroke en afgematte swerweling wat in ‘n oop veld wakker word en vandaar doelloos rondswerf. Op sy reis kom hy verskeie mooi situasies en mense tee en sodoende word sy hart weer sag en hy besluit om terug te keer na dit waarvan hy weggehardloop het.
Kyk die video hier:
“Ons hoop om mense wat die video kyk aan te moedig om die mooi, wat steeds volop in ons land te vinde is, raak te sien, vir mekaar te bid, mekaar te vergewe en om nie weg te hardloop van hul seer of vrese nie maar om dit te oorwin deur hul oë op die goeie te hou!” sê Jouba en Anique.
Die motorfiets in die video, wat aan die hoofakteur behoort, het op die waentjie waarmee dit gesleep was omgeval en kon vir ‘n hele ruk net tot by tweede rat wissel – wat dit moeilik gemaak het om die vinnige ry-tonele te skiet;
‘n Vriendelike inwoner van Val, wat ook in die video opgeëindig het, het hulle gehelp om dit te herstel. Die man se pa (80) het toevallig ook ‘n ou BMW-motorfiets in sy garage gehad.
Die twee boere in die video is broers. Dit was minus agt grade die oggend toe die hoofakteur in die gevriesde gras, vir die openingskoot moes lê. Al die ekstras in die video was bereidwilliges en hul gesinne van die dorpie Val.
Kaleidoskoop moes die lied in dubbeltyd in die skote sing waar hulle in die pad stap om die effek te kry dat hulle in stadige aksie sing.
Gaste van die hotel moes die lied amper 12 keer aanmekaar luidkeels aanhoor vir die orkesskote in die pad tydens sonsondergang. Kaleidoskoop het elke aand na die opnames vir almal gebraai en die dag se skote saam met Paul deurgekyk.
Die eeste dag se beeldmateriaal het amper verlore gegaan as gevolg van ‘n foutiewe kamerakaart maar is gelukkig herwin!
Val het net ‘n hotel en ‘n polisiestasie. Die eienaares van die hotel (wat van Paul Kruger se direkte nageslag is) speel ook in die video.
*Mediavrystelling deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions verskaf.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



