EntertainmentLifestyle

Almarie stel haar nuwe enkelsnit en musiekvideo bekend

Die musiekvideo kyk ook na die nostalgie wanneer herinneringe in jou bly voortleef, ten spyte van die lewe se gang.

Almarie du Preez se eerste Afrikaanse enkelsnit, Jy Vir My, is gedurende Junie 2017 bekendgestel. Dit is ’n lekkerluister-poptreffer met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat verseker die luisteraars se aandag getrek het.

Die amptelike musiekvideo vir hierdie liedjie word nou gedurende Oktober 2017 bekendgestel. Soos die liedjie, handel dit oor die ontdekking van ewigdurende liefde. Die musiekvideo kyk ook na die nostalgie wanneer herinneringe in jou bly voortleef, ten spyte van die lewe se gang.

Kyk die video hier: 

Die video is op een van Almarie se gunsteling strande in die Wes-Kaap, Melkbos, verfilm en is ekstra spesiaal omdat dié plek haar baie naby aan die hart lê. Gedeeltes van die video is ook op Kampsbaai geskiet en die terugflitse in ‘n hotel by Kampsbaai.

Die produksiehuis Mad Hatter’s Collective was verantwoordelik vir die maak van die video. Steven Brooks en Nelia Joubert het gehelp om die konsep vir die video te verfyn terwyl Hardus Vermaak dit op kamera vasgevang het. Met die dat beide Steven en Hardus natuurlewe kinematograwe is was hulle die perfekte keuse vir ’n video wat in die buitelug geskiet moes word. Tessa Barlin het as kamera assistent hand bygesit.

“Ons was gelukkig dat die weer saamgespeel het en ons ’n sonskyn dag gehad het om op die strand te verfilm. Ons het die video baie eenvoudig gehou sodat die boodskap van die lirieke en musiek steeds sterk kan deurslaan,” sê Almarie.

“Alles in die video wys deeltjies van my gunsteling dinge: die oseaan, my gunsteling kleur blou, my gunsteling kontinent Afrika (hangertjie om my nek) en my gunsteling manier van lewe: eenvoudig. Want ek glo ware liefde stroop jou van alles wat nie saakmaak nie en vorm jou hart tot dankbaarheid. Dit suiwer jou van die onbenullighede in die lewe en laat jou vir ’n doel buite jouself asemhaal,” gaan sy voort.

“Soos mense sal sien, wys ons ook nooit die gesig van die ander party wat teenoor my speel nie, want dit gaan nie oor wie nie, maar oor die gevoel wat ware liefde in ons wakker maak en die voorreg om daardie liefde in jou lewe te ervaar. Ek hoop dat mense dit sal kyk en die liefde wat hulle ontvang en kan uitdeel sal koester en waardeer, in die oomblik, want mens weet nooit wat more bring nie.”

Die span agter die video:

Regisseur: Steven Brooks en Nelia Joubert;

Kamera: Hardus Vermaak;

Kamera assistent: Tessa Barlin;

Vervaardiger: Steven Brooks;

Lugfotografie: Hardus Vermaak;

Konsep: Almarie du Preez, Nelia Joubert en Steven Brooks;

Produksiehuis: Mad Hatter’s Collective.

*Vrygestel deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button