EntertainmentLifestyle

Bouwer Bosch stel sy nuwe enkelsnit vry

Die musiekvideo vir dié liedjie is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet en word op 28 Oktober bekendgestel.

Bouwer Bosch is ongetwyfeld een van die uniekste talente wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Met sy eiesoortige klank en aanslag trap hy diep spore in sy aanhangers se harte.

Sy splinternuwe enkelsnit, VERBY, stel beslis nie teleur nie.

Die liedjie gaan oor konflik in ’n verhouding. “’n Mens is geneig om te dink dat konflik ’n negatiewe aspek in ’n verhouding is, maar eintlik is dit ’n goeie plek om te wees. Dit is waar groei en genesing kan plaasvind en waar jy jouself en die persoon met wie jy konflik ervaar beter kan leer ken,” sê Bouwer.

“VERBY gaan oor wanneer jy wil handdoek ingooi en wegstap uit ’n verhouding omdat jy dink konflik is die einde van julle liefde, maar eintlik is dit juis wanneer mens met mekaar baklei, dat jy vír mekaar baklei,” gaan Bouwer voort.

Die musiekvideo vir dié liedjie is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet en word op 28 Oktober bekendgestel.

VERBY is ook beskikbaar op sy album Hopelik wat vroeër in 2017 vrygestel is. Die album het ’n nuwe klank met ’n meer elektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie.

*Uitgereik deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Comaro Chronicle in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button