Crime

Vermeende kabeldief in sy spore gestuit

’n Vermeende kabeldief is nog steeds in die hospitaal nadat hy verlede Vrydagoggend, (15 Maart) net na 04:00 by ’n huis in Stofbergstraat, Bela- Bela skrams op sy sitvlak gewond is.

Willie Nel, grafiese kunstenaar van Die Pos wat in die omgewing woon, was vroegoggend op die toneel.

Sy buurvrou het vertel sy was in die kombuis doenig toe sy ’n vreemde lig buite naby die motorhuis gewaar het.

Daar is ook op kabels beslag gelê.

Sy het haar man wakker gemaak waarna hy sy vuurwapen gevat het voor hy na buite gegaan het om ondersoek in te stel. Hy het hom daar in ’n vreemde man vasgeloop wat op hom afgestorm het.

Volgens die buurvrou het haar man toe verskeie skote gevuur en die verdagte is skrams op sy sitvlak gewond.

Die polisie en die ambulans is gekontak en was kort daarna op die toneel.

Lees ook: Vermeende kabeldief vasgetrek

’n Byl wat op die toneel gevind is.

Daar is ’n byl op die toneel gevind, asook verskeie sakke met koperkabels.

Kol. Annemarie Smit, speurtakhoof van die Bela-Bela polisie, het bevestig dat die polisie al maande lank op die spoor is van die vermeende kabeldiewe wat groot skade aan die dorp se infrastruktuur aangerig het.

Die moontlikheid word ondersoek of die verdagte ook by ’n vlaag huisinbrake betrokke was.

Die verdagte is aan die polisie bekend en volgens inligting is hy onlangs uit die tronk vrygelaat.

Related Articles

 
Back to top button