CrimeNews

Borgaansoek vir moordverdagte uitgestel

Die borgaansoek van die vierde verdagte in die ondersoek na die moord op Nicky Janse van Rensburg van Roedtan, is Vrydag 19 April in die landdroshof in Mookgophong uitgestel.

Die Pos het vroeër berig dat Janse van Rensburg (35) op Vrydagmiddag, 7 Oktober 2022 op die plaas Derdekraal in die Roedtan-omgewing aangeval is. ’n Tienerseun wat by Janse van Rensburg en sy vriendin, Veronica Grobler, op die plaas gewoon het, is vroeër die middag in die plaashuis aangehou. Janse van Rensburg en Grobler was ingewag toe hulle van die dorp af gekom het en hy is tydens ’n struweling geskiet. Die aanvallers het in ’n wit Toyota Corolla gevlug met vuurwapens en selfone wat hulle gebuit het.

Vier verdagtes, naamlik Albert Mangena, Malesela Mangena, Lesiba Solly Segwale en Morwantsiri Justice Mashiane, almal in hul dertigs, is in verband met die aanval aangekeer.

Hercules Louw Jnr van Naboomspruit Landelike Veiligheid sê dat Morwantsiri Justice Mashiane se borg aansoek nog nie afhandel is nie. Dit sal verder aangehoor word op 30 April en 17 Mei.

Die verhoor is op die hooggeregshof se hofrol geplaas van Maandag 27 Mei tot 7 Junie in Polokwane.

Related Articles

 
Back to top button