Babies & ToddlersEntertainmentHigh SchoolKidsLifestyleLocal newsPrimary School

Kunskompetisie: Die Pos-Palet – van pen tot kwas

Wys jou slag met pen of kwas.

Die Pos bied ’n heerlike kreatiewe skryf- en kunskompetisie vir kleuters, laer- en hoërskoolleerders aan.

Goeie pryse is op die spel in die verskeie afdelings en vir die algehele wenner is daar Die Pos Palet-wisseltrofee en ’n welkome kontantbedrag.

Die kleuters kan solank hul inkleurpotlode of verf regkry vir ’n inkleurkompetisie. Vir die laer- en hoërskoolleerders is daar verskeie afdelings van skryf, skilder en beeldende kuns om in deel te neem.

Die kleuter- laer- of hoërskool wat die meeste leerders inskryf wen ook ’n stewige kontantbedrag wat aangewend moet word vir hul skole se hulpfonds of projekte.

Die kompetisie is oop vir al die skole en leerders wat in Die Pos se lesersgebied woon.

Koop volgende week die koerant om jou inskrywingsvorm en besonderhede te kry sodat jy dadelik aan die werk kan spring!

Related Articles

 
Back to top button