Local news

Van wond sorg tot volstruiseiers

Van die vroue van die VLU kan mens met reg sê: Hulle is leergierig.

Die vroue van die VLU-Nylstroomtak het tydens hul mees onlangse vergadering meer geleer oor wond versorging. Een van hul lede, prof. Magda Muller, ’n kenner in dié veld, het ’n leersame praatjie oor die onderwerp aangebied. Haar beste raad is vind eers uit wat die oorsaak is en versorg dan die wond reg.

Van die lede het gedurende die tak se Januarie-byeenkoms, volstruiseiers ontvang om te gaan versier. Hulle het hul kreatiewe en kunstige pogings saamgebring. Ingrid Boggerohr was die wenner met haar uitstaande getekende volstruiseier. Van die ander kompetisie-inskrywings was ingelegde speserypere en gehekelde borslappe. Die sewentig inskrywings het die beoordelaars goed besig gehou.

Ingrid Boggerohr was kreatief met ’n volstruiseier.

Die tak het ook twee nuwe lede, Kotie Hedin en Lenie Dercksen, verwelkom.

Tydens die Maart-vergadering gaan Ina Lessing, een van die tak se lede, wys wat ’n mens alles met granate kan maak.

Vroue wat belangstel om te kom kyk of om by die VLU aan te sluit kan vir Elsa du Plessis skakel by tel. 082 707 9506 vir meer inligting.

Related Articles

 
Back to top button