LettersMunicipal

Brief: Hopeloos te veel amptenare

Gawie Richter van Modimolle skryf: Ons bankrot-gesteelde, ANC-geleide Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, met sy 28 hoogsbesoldigde raadslede, het onbekostigbaar geraak. Tensy die 14 ANC en vier EFF-raadslede betaal word met geld wat in hul wyke ingevorder word, moet ons afskaal. My vraag is waarom belastingpligtiges vir lakeie van die korrupte ANC-regeerders moet opdok? Dit is nie net die …

Gawie Richter van Modimolle skryf:

Ons bankrot-gesteelde, ANC-geleide Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, met sy 28 hoogsbesoldigde raadslede, het onbekostigbaar geraak. Tensy die 14 ANC en vier EFF-raadslede betaal word met geld wat in hul wyke ingevorder word, moet ons afskaal.

My vraag is waarom belastingpligtiges vir lakeie van die korrupte ANC-regeerders moet opdok?

Dit is nie net die spul onproduktiewe raadslede nie, maar ook die groot hoeveelheid werkslui wat gereeld in die koelte sit of lê en die werk vir vakansiedae reserveer, wanneer hul op dubbel vergoeding kan aanspraak maak.

Geen wonder dat die waardes van eiendomme verhoog is nie – dit is om geld vir lone te bekom!

Betalingsbewyse van amptenary se salarisse behoort aan te dui dat hulle deur belastingpligtiges betaal word en nie deur die ANC nie.

Onder huidige omstandighede word die ANC onregverdig polities bevoordeel tot uiterste nadeel van ander partye. Dit moet nou reggestel word!

Aan Wiets Botes en ander wat hard werk, ons groot dank en erkenning.

Related Articles

 
Back to top button