Local sport

Kruiskrag gimnastieklub oes medaljes

Die gimnaste van die Kruiskrag Warmbad gimnastiekklub in Bela-Bela, het op Vrydag, 3 Mei in Mokopane aan die distriks-kompetisie deelgeneem en uitgeblink.

Hoewel daar verskeie klubs meegeding het en ’n groot hoeveelheid gimnaste hul beste voetjie voorgesit het, het die gimnaste van Kruiskrag-klub geskitter.

  • Vlak 1 (meisies) – Rene van Zyl kry goud en eindig algeheel 8ste uit 31 deelnemers.
  • Vlak 1 (seuns) – Hendrik le Roux verwerf ’n silwer medalje en is algeheel 1ste.
  • Vlak 2 (meisies) – Lenchen Kellerman verwerf goud in die 9-10 jaar ouderdoms groep en is algeheel 1ste uit 22 deelnemers. Hope Nkuna verwerf silwer in die 11-12 ouderdomsgroep en is algeheel 1ste uit 6 deelnemers.
  • Vlak 2 (seuns) – Derik Smith verwerf ’n bronsmedalje en is algeheel 6de uit 11 deelnemers.
  • Vlak 3 (meisies) – Jemma de Beer verwerf ’n goue medalje en is algeheel 1ste uit 12 deelnemers.
  • Vlak 3 (seuns) – Divan Nel verwerf goud en is algeheel 1ste uit 6 deelnemers.

Hul afrigters Mariaan en Amonè van Niekerk is baie trots op die gimnaste en sê die vrugte word nou gepluk van baie ure se oefening en herhaling.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button