Die broers Henro (links) en Marlo van der Walt (regs) het aan die Limpopo XCO-kampioenskap deelgeneem wat op 11 Mei in Makhado (Louis Trichardt) gehou is. Henro en Marlo is leerders van Hoërskool Piet Potgieter. Henro het ’n eerste plek in die seuns-
jeug-kategorie behaal en Marlo het ’n tweede plek in die subjuniorseuns-ka-
tegorie behaal. Henro is ook aangewys as die kampioen van die reeks en het onlangs in die Paarl aan die Suid-Afrikaanse XCO nasionale kampioenskap deelgeneem. Die weer was ongunstig, op die tweede dag het dit gereën en hy het ’n pap wiel gekry. Hy was algeheel sewende.
Die talentvolle leerders van Laerskool Nylstroom het op Donderdag 2 Mei deelgeneem aan die streeksuitdunne van die Allegretto Eisteddfod. Hulle het in die afdelings vir spraak en drama, sang, instrumentale uitvoerings en kuns presteer. Voor is Rouselle van Dyk, Codi van Hulst, Leo Roodt, Hanru Barkhuizen en Tanja Veldsman. In die tweede ry is Lumé van Staden, Madelie Smith, Aidin van Hulst, Thia Broodryk, Ewan Venter, Nico van Hulst, Gerard Roodt en Sioné Lourens. Agter staan Carla Erasmus, Lize van der Walt, Charné van der Colff, Kayla van der Merwe, Schalk du Plessis, Duné Botha, Arné Oosthuizen en Jan Duvenhage. Lané Barkhuizen en Stefan Bosman was afwesig. Foto: Verskaf