Local sportSchools

Wintersportspelers blink uit

Die spelers van Laerskool Warmbad se rugby- en netbalspanne het vandeesweek buitengewoon goed presteer en hou die skool se naam hoog op provinsiale vlak.

Drie van dié skool se jong rugbyspelers kon daarin slaag om hul provinsiale kleure te verwerf. Hulle is Matthew de Beer (gr. 7), Dian Matthee (gr. 6) en Tian van Wyk (gr.7). Met konstante goeie spel het hul, hul plek in die Limpopo-span verseker. Dian het vir die o.12-span nie minder as drie rondes proewe gespeel en Matthew en Tian het vir die eerstespan elk vier rondes proewe gespeel. Die Limpopo A en B-spanne sal eersdaags aangekondig word.

Matthew de Beer.
Dian Matthee en Tian van Wyk.

Die skool se netbalmeisies het ook hul staal gewys. Miané Brand en Ilana van der Walt, albei gr. 7-leerders het op Woensdag 1 Mei vir die Bokkie-proewe gekwalifiseer. Hul sal in die Limpopo-span aan die Bokkie-week deelneem wat van 27 – 28 Junie in Kroonstad gehou word.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button