Local sportSchools

Warries speel in Waterberg-netbalfinaal

Dit is inderdaad ’n groot jaar vir plaaslike skole sport.

Die eerste netbalspan van Hoërskool Warmbad sal op Saterdag, 25 Mei op Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal, deelneem aan die Waterberg-distriksfinaal. Die Warries is een van twee spanne in hul poel, wat teen die top spanne van die ander poele deelneem om plekke 1–4 in die distrik te bepaal.

Die ander spanne wat deurgedring het na die Waterberg-finaal is Hoërskole Nylstroom, Ben Viljoen, Frikkie Meyer, Ellisras, Piet Potgieter, Hans Strijdom en die Warries.

Hoërskool Warmbad wil hul dank uitspreek teenoor SuperSpar Bela-Bela wat die Warries se toernooi moontlik maak.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button