GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Laer Volkskool neem afskeid van Graad 7s

Trane vloei terwyl Graad 7s vir oulaas skoollied sing.

“Jou houding gaan bepaal waar jy in die lewe gaan uitkom. Wees altyd positief, doen wat reg is, maak jou besluit en staan daarby.” Dit is die woorde van Mnr Piet Strydom (hoof) aan Laer Volkskool se Graad 7s tydens die afskeidsplegtigheid op 30 November.

Mnr Strydom het gesê dat hy trots op die Graad 7-groep is en dat hulle unieke mense moet bly.

Hy het die Graad 7s gemaan om nie passief te wees nie en aan alles wat die hoërskoollewe hulle bied, deel te neem.

 

“Moet nooit geloof verloor nie, glo in God en glo in jouself,” het hy mee afgesluit.

Ds Danie Fourie het aan die leerders gesê dat hulle by ‘n kruispad gekom het en nie weet wat vorentoe op hulle wag nie. “Julle sal altyd Volkies bly al gaan julle van hier af verder. Moet nooit ophou om ‘n Volkie te wees nie en moet nooit ophou om ‘n kind van die Here te wees nie,” het hy gesê.

Die plegtigheid is afgesluit toe die groep en hul ouers op emosionele wyse deur die res van die skool toegesing is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button