Stemdag in Heidelberg verloop vreedsaam
Lesedi's results confirmed! ANC 62.08%, DA 23.77% and EFF 10%.

Stemdag in Heidelberg het vreedsaam verloop. Ten spyte van ‘n stewige wind wat die stemtent by Karan Beef geskep het, het dinge verder glad verloop.
According to Constable Xolani Mkize from Ratanda Police Station, no incidents were reported in Ratanda.
Vir diegene wat vroeg gaan stem het, was daar geen rye nie. Rensburg, die TPA-saal en Shalimar Ridge het egter lang rye opgelewer waar mense tot twee ure in ysige wind moes wag om te stem. By sommige stemlokale het ‘n feestelike stemming geheers met die NG Kerk Rensburg wat sop aan mense by die stemlokaal in Rensburg uitgedeel het. Die DA het worsbroodjies by Heidelberg Stadsaal uitgedeel.
Lesedi Plaaslike Munisipaliteit se resultate was reeds teen vanoggend voltooi: Die ANC het 62.08% van die stemme verower met die DA in tweedeplek met 23.77% en die EFF in derdeplek met 10%.
Die resultate beteken dat Lesedi se 26 raadslede soos volg verdeel sal word: ANC – 16 raadslede, DA 6, EFF 3 en VFPlus 1 raadslid.