GalleriesLocal newsNewsSportSports galleries

GALLERY: Sterkmankompetisie bied opwinding

Die publiek het in hul massas die kompetisie ondersteun.

Talle inwoners het oor die naweek van 19 en 20 Maart by die Heidelberg Heritage Museum bymekaar gekom om die Best of the Best Sterkmankompetisie te aanskou.

Deelnemers van regoor die land het ingeskryf en Gladiator Garth ‘Granite’ Collins het as seremoniemeester opgetree.

Heidelbergers André en Vallerie Sweeney het ook ’n rol gespeel in die organisering van die kompetisie.

Elf manne het aan die verskeie items deelgeneem, met skeidsregter Ettiene Smit aan die stuur.

Op die eerste dag van die kompetisie het Jean van der Have die vorige eenarm dumbbelldruk rekord na 104.5kg verbeter.

Deelnemers moes oor die naweek altesaam aan sewe items deelneem, wat trok trek en ‘deadlift’ op die eerste dag ingesluit het.

Die laaste drie items en die beoordeling is op die Sondag voltooi.

Dit het ingesluit die ‘log press’ die ‘tyre flip’ en die ‘natural stones’ items.

Tydens die ‘tyre flip’ het Tristan O’Brien homself beseer en is per ambulans na ’n hospitaal vervoer.

Die resultate van die kompetisie is as volg:

• Armand Goosen (vierde plek met 55 punte)

• Jacque de Jager (derde plek met 55 punte)

• Jean van der Have (tweede plek met 55 punte)

• André Sweeney (eerste plek met 59.5 punte)

Related Articles

 
Back to top button