Die deelnemers moes hul staal wys tydens die kompetisie.
Talle inwoners het oor die naweek van 19 en 20 Maart by die Heidelberg Heritage Museum bymekaar gekom om die Best of the Best Sterkmankompetisie te aanskou.
Deelnemers van regoor die land het ingeskryf en Gladiator Garth ‘Granite’ Collins het as seremoniemeester opgetree.
Heidelbergers André en Vallerie Sweeney het ook ’n rol gespeel in die organisering van die kompetisie.
Elf manne het aan die verskeie items deelgeneem, met skeidsregter Ettiene Smit aan die stuur.
Op die eerste dag van die kompetisie het Jean van der Have die vorige eenarm dumbbelldruk rekord na 104.5kg verbeter.
Deelnemers moes oor die naweek altesaam aan sewe items deelneem, wat trok trek en ‘deadlift’ op die eerste dag ingesluit het.
Die laaste drie items en die beoordeling is op die Sondag voltooi.
Dit het ingesluit die ‘log press’ die ‘tyre flip’ en die ‘natural stones’ items.
Tydens die ‘tyre flip’ het Tristan O’Brien homself beseer en is per ambulans na ’n hospitaal vervoer.
Die resultate van die kompetisie is as volg:
• Armand Goosen (vierde plek met 55 punte)
• Jacque de Jager (derde plek met 55 punte)
• Jean van der Have (tweede plek met 55 punte)
• André Sweeney (eerste plek met 59.5 punte)
Kompetisie wenner André Sweeney, ondersteun deur deelnemer Shane Bekker, tydens die 150kg log press item.
Jean van der Have besig om die 700kg band om te keer.
Jacque de Jager tydens die natural stones rondte, waar die klip oor die paal gegooi moes word.
Die deelnemers moes hul staal wys tydens die kompetisie.
André Sweeney het pas die 700kg band omgekeer.
Robert Haman tydens die natural stones-rondte van die kompetisie.
David Bezhuidenhout pak die 700kg band aan.
Jean van der Have word geondersteun deur deelnemer Armand Goosen terwyl hy die 150kg log press-rondte voltooi.
André Sweeney saam met Garth Collins, wie as seremoniemeester gedien het tydens die kompetisie.
Wenner André Sweeney saam met skeidsregter Ettiene Smit tydens die prysuitdeling.
Jacque de Jager saam met Ettiene Smit tydens die prysuitdeling. Jacque het derde geïndig.
Tristan O'Brien lig die 150kg log press.
Garth Collins saam met organiseerders Vallerie en André Sweeney.
André Sweeney gooi 'n klip oor tydens die natural stones-rondte.
Shane Bekker besig om die 450kg band om te keer.
Armand Goosen lig die 700kg band.
Armand Goosen (vierde plek) saam met Ettiene Smit tydens die prysuitdeling.
Andy Mnguni (18) tydens sy log press probeerslag.
Jean van der Have (tweede plek) saam met Ettiene Smit tydens die prysuitdeling.
Robert Haman tydens die log press-rondte.
Jean van der Have tydens die natural stones-rondte.
Shane Bekker tydens sy log press-rondte.
Jacque de Jager tydens die eerste rondte van die log press (120kg).
David Bezhuidenhout lig die 120kg log press.
Shane Bekker lig die klip tydens die natural stones-rondte.
Danie Schmidt het die 130kg log press maklik laat lyk.
Armand Goosen tydens die natural stones-rondte.
Robert Haman besig om die 450kg band om te keer.
David Bezhuidenhout tydens die natural stones-rondte.
Die deelnemer genaamd Pit bull pak die natural stones-rondte aan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!